Vergifnis, skuld jy dalk nog iemand n verskoning

Skielik was ek daar… 25 Maart 2012

Ons behandel die boek Soeke na God. Dominee preek en sê ‘ek sluit af met die volgende verhaal  ‘Hy vertel die verhaal van ‘n 2de jaarse student wat hom een aand laat gebel het. Sy het n tydjie terug by hom gekatkiseer en wou by hom weet of sy nou maar mag selfmoord pleeg? Sy het mos nou die Here aangeneem as haar Saligmaker, so kan sy maar selfmoord pleeg voor haar pa by die huis kom. Hy vertel hoe hy sukkel dat sy net haar naam vir hom moet gee. Nee sy kan nie, want haar pa is ‘n hoogplaasde en dit sal hom ruineer. Maar sy weet gaan volg as haar nou by die huis kom want haar ma is nog by ‘n vergadering. Dan volg die verhaal van ‘n dogter was seksueel gemolesteer word deur haar pa as haar ma nie by die huis is nie, en hoe hy sukkel om net haar naam te kan kry om te gaan help. Met trane wat oor my wange stroom het ek myself onder beheer probeer kry.

Skielik verander sy stemtoon, die angs en kwaad lewe in sy stem as hy sê skielik begin sy histeries huil ‘ek moet aflui dominee,ek moet gaan, ek sien sy kar se ligte by die hek!’ Skielik was dit asof ek my Rykie se angs ervaar het wat sy moes belewe met die wete van haar pa is oppad na haar kamer toe. Kon ek haar spanning en bang aanvoel, om net te dink hoe bang en alleen moes my klein dogterjie nie gewees het nie snags, om so stil en bang te lê en wag en te wonder ‘gaan hy vannag na my kamer kom?’ Maande se inhou van my onderdrukte emosies en seer het oopgebars, het ek besef ek is total buite beheer ek kon net nie deksel van beheer terug kry nie. Ek het buite beheer gehuil. Vir die eerste keer het ek myself toegelaat om Rykie se seer en pyn te beleef, die onmag te ervaar om dit wat gaan volg af te weer, om haar angs te ervaar om geensin opgewasse te wees teen n grootmens. Ek was daar! Vriende het my kom haal uit die kerk bank en met my uitgeloop.

Ek wou uitroep Dominee hoekom kon jy my kind nie geglo het nie toe sy haar verhaal met jou gedeel het nie? Hoekom kon jy nie met haar ‘n pad loop en deel wees van haar heelword nie? Moet jy eers ‘n belangrike persoon wees om die moeite werd te wees om geglo te word? Rykie het so vasgehou aan die Here in haar stryd. Wonder of jy weet hoe seer en teleurgesteld sy was toe ek haar moes meedeel ‘dominee is nie meer deel van jou ondersteuningsgroep nie want hy glo jy jok!’ Ja selfs na jy ingelig is dat James alles erken het, kon jy nog nooit ‘n jammer vir haar sê nie. Kon jy nog nooit eers weer by haar gehoor hoe dit haar gaan. En jy preek oor vergifnis, ‘is daar iemand na wie JY dalk na toe moet teruggaan en vra vergewe my?’ Sal jy die terugdraai pad na my kind loop?

Vir die eerste keer kon ek toegee aan my kwaad vir James. Oor my mooie dogter se stukkend en seer, om haar te sien huil, hartverskeurend huil, maar dat ek nooit toegelaat was haar vas te hou nie, want daardie voorreg het James my ontneem want sy vertrou niemand naby haar nie! Haar so flenters te sien, ja dis wat sy is flenter en die magtelose gevoel en besef daar is nie n woord van vertroosing wat ek kan sê wat dit ooit sal beter maak nie. Niks, niks wat ek ooit doen of sê kan dit weg vat nie. Ek kan net vir haar bid dat sy daardie keuse kan maak en besef genesing begin die oomblik as sy kan vergewe!

Vir die eerste keer kon toegee aan my kwaad vir James, hy wat my Rykie by my gesteel het, my kind se kinderjare by haar gesteel, my kind se dogtertjie drome by haar gesteel het.

Kon ek uiting gee aan die seer emosies van verhale wat uit gekom het tydens haar sessies saam met my. Om te moes hoor hoe my dogter al vyf keer probeer selfmoord pleeg het, en die besef dat James nooit die opregtheid of eerlikheid in hom sou gehad het om te vir my te sê hoekom sy dit gedoen het nie. Nee hy sou die lafaard se pad gekies het en alles en die wêreld daar buite skuld gegee het behalwe homself. Om te moes aanhoor dat sy wou selfmoord pleeg omdat sy gedink het sy was dalk swanger en sy nie daarmee sou kom saamleef nie! Die kwaad vir James ‘hoekom het jy nie eers die ordentlikheid gehad om ten minste haar vertel jy is gesteriliseer nie, hoekom het jy my dogter so laat ly. Hoekom het jy haar so laat swoeg onder skuld gevoelens, afpersing en haar laat voel as sy dit of dat toelaat sal jy haar sal vergoed met watse aardse goed, solank sy stil bly sal sy veilig wees.’

Rykie ek bewonder jou vir elke tree wat jy gee na gesond word al is daar soms vyf tree terug! Vir jou veggees na elke terugslag van depressie wat jou in sy kloue wil hou. Dis vir my ‘n voorreg om die gesond word pad saam met jou te loop. Mag ek die geduld ontvang om kalm te bly as woede jou oorval, mag ek die wysheid ontvang wanneer om net stil te sit langs jou en net te luister as jy wil praat en dat ek sal spaarsamig sal werk met my raad. Saam jou bid ek vir die dag wat jy weer sal begin droom en dit uitleef! Vergifnis, maak dit jou eie!

Henry Ward Beecher – Forgiveness ought to be like a cancelled note – torn in two, and burned up, so that it never can be shown against one.

2 thoughts on “Vergifnis, skuld jy dalk nog iemand n verskoning

  1. Ek bewonder julle altwee, ek weet nie hoe ek so ‘n las sou kon hanteer nie. Mag die Here julle elkeen toevou in sy liefde en ek bid vir julle altwee se gesond word. Lief julle.

    Like

  2. Dit kon nie maklik gewees het nie. Ek sal ook soos jy gevoel het oor die predikant, want jy glo hulle sal kan help en dan doen hulle nie. Maar julle bly in my gebede en ek bid dat julle vertroosting sal kry en sal gesond word. Dis nog ‘n lang pad en elkeen het sy eie tyd van genees. Maar julle het al soveel gedoen en sover gekom, dis al so groot prestasie. Ek bid dat Vader julle sal toevou in sy liefde en weer julle harte sal sag maak en julle met nuwe oë na die lewe sal laat kyk. Daar is ‘n ander toekoms en alles word beter met tyd. Sterkte vir julle almal.

    Like

Leave a comment