My droom vir jou…

Dit voel soos gister wat ek oppad was na my kind in Suid Afrika, tog lê drie weke alweer op sy rug! Terwyl ek so sit en wag het in die vertreksaal het die gevoel van ‘n “reis na die onbekende” in my gehuiwer!

Vrees en kommer kuier so in my gedagtes maar ek verplaas dit doelbewus met Geloof en Liefde vir die onbekende tog wat voorlê. Die opgewonde gevoel van ‘ hierdie is die laaste tog na my kind se gesond word pad .’ Gesond word, heel word’ om deel te wees aan haar pad na herstel is ‘n voorreg maar soms voel dit ook ‘n onoorkombare moeilike pad.

Daar is baie mense wat my kwalik neem en twyfel het in my oordeel om my kind op universiteit te hou ondanks haar onstabiele emosionele toestand. Baie se woorde is ‘bring jou kind huis toe, hier waar jy na haar kan kyk’! Daar is dae wat my hart ten hemele skreeu en wil ek nes moederhen haar onder my vlerk inneem maar ek weet as ek ingee, gaan ek van my kind ‘n baie armer mens maak. My moederhart huil baie, soms stroom trane sommer oor my wange van angs en seer as ek n sms van haar kry ‘mamma bid asseblief ek kan nie meer nie’. Soms is ‘Here help! al woorde wat ek kan bid as angs my oorval vir my eie onmag! Daar is tye wat ekself my eie oordeel bevraagteken, maar ek weet om haar terug te bring is so goed soos om haar buite blink te poets dat sy skitter maar die binne in gaan die seer deel van haar bly. Ek wil eerder my kind bemagtig en haar help na ‘n pad van vryheid, totale losmaking en bevryding – die beeld van die arend naby haar kuiken soos sy leer vlieg, ondersteunend en aanmoedigend tog gereed om haar te vang as sy te moeg word, dis eerder waar ek wil wees.

Tydens van die sessies saam met haar by die beraders en dominees, het ‘n ongekende hartseer my oorval vir my totale wanbegrip van die omvang van haar pad van verkragting, die besef dat ek regtig my nie kan indink hoe intens bang, hoe total magteloos sy moes gevoel het en met hoeveel totale gelatendheid sy ook maar net soms die ‘mag’ van ‘n grootmens, haar pa moes aanvaar nie!

Ek huil saam met my kind oor haar ongelooflike seer, woede, kwaad en bewonder ook haar veggees, bid saam met haar vir haar intense begeerte om heel te word. Soms voel ek kompleet soos ‘n toeskouer. Ja, Dalk wou ‘n gedeelte van my brein hierdie ‘klein’ beeldjie van ‘n ‘af – en – toe’ insident skep om dit te probeer verwerk of te probeer verstaan. Maar woorde soos ‘daagliks’ en ‘weekliks’ het my soos ‘n hou in die maag getref met die besef ‘ek het regtig nie idee waardeur my kind moes leef nie’! Die realiteit dat sy nooit, nie eers tussen al haar familie veilig was nie! Die vraag ‘wat het James gedink doen hy, waar was sy verstand!’ is een van baie onbeantwoorde vrae wat soms in my kop warrel, waarmee ek moet leer saam leef.

Geloof en Liefde, wat vir my, ja dalk vir meeste van ons eenvoudig is, is in haar donker gemoed, amper die pad van die onmoontlike!

Vrees en angs is op die oomblik haar grootste vyand, beroof haar van haar selfversekering. Hartverkseurend om my kind so te sien. Sit haar op die hokkieveld en sy ontaard in hierdie hardekwas foksterrier vegtertjie maar daar buite oorheers woede, vrees, angs, die vrees vir mislukking en ‘n gevoel van min waarde haar.

Tog klou sy vas aan Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee, haar harnas teen die lewe se aanslae. Dit is my kind se anker versie, was nog al die jare eintlik. Ek het nog altyd gereken dis haar versie van ondersteuning op die sportveld maar vandag weet ek dit was wat haar in staat gestel het om desperaat vas te klou aan die lewe, om te kon oorleef met jare se molestering en die innerlike geveg om te kon ‘cope’ met afpersing, afbreking van haar mens wees, en haar onmag om te probeer oorleef in ‘n wêreld van geforseerde stilswye en die onmag om te kon uitroep teen die onreg.

Net voor ek op die vliegtuig geklim het, het ek die volgende gesegde gelees:

“Never be bullied into silence. Never allow yourself to be made a victim. Accept no one’s definition of your life; define yourself.” deur Harvey Fierstein

Eers wou ek dit in die konteks plaas van die ‘stilte’ waarin my kind geforseer was en haar onmag om te kon praat maar ek het besef hier lê ‘n veel dieper betekenis in. Vir ons wat so graag soos ander wil wees, dat ons bereid is om ons eie menswees in te boet.

Eintlik ongelooflik hoe ons onsself meet aan ander se standaarde. Hoe ons met aangeplakte glimlagte loop, ‘people pleasers’ solank ek net nie uitstaan bo die skares nie. Maar wat ons vergeet is dat ons elkeen na ons eie beste ‘standaard’ geskep is volgens God se Beeld. Elke voutjie, plooi, elke rolletjie op sy plek net soos Hy ons wou hê.

Shoshanna Katzman het geskryf “Speak your truth to yourself and to others, say yes when you mean yes and no when you mean no, stop doing things to please others at your own expense, figure out what pleases you and just do it, and take back your power and don’t give it away anymore.

Dit is wat ek wil my Rykie moet ervaar, dat in haar mag is om haar lewe terug te neem, dat sy nie meer die leuns van die duiwel moet glo nie, dat sy die bevryding kan ervaar wat Jesus haar bied soos Hy belowe het in Psalm 139 dat die nag so lig soos die dag is en donker soos lig is vir Hom.  Hy laat ons nooit` alleen!

Die volgende stukkie sê dit so mooi:  ‘Vrees en geloof het iets in gemeen met mekaar in die opsig dat beide iets in die toekoms projekteer en beide verwag om vervul te word.’ Hebreërs 11:1 sê ‘Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.’ Die Engelse vertaling daarvan  ‘Now faith is confidence in what we hope for and assurance about what we do not see.

Liefste Rykie mamma wil graag hierdie gediggie met jou deel, asook met jou broers en jou sussie. Mag jou droom waar word my engelkind!

My Dream (G. Brian Benson 2009)

I have a dream, that your dream came true
That your world has changed, and you’re enjoying the view
Your sun shines brighter, your confidence grows
There’s a bounce in your step, your life is in flow

I have a dream, that your dream came true
Your ideas and vision are shiny and new
Your belief in yourself comes straight from the heart
Never again will it be, separate or apart

I have a dream, that your dream came true
By following your heart, you’ve been given your due
Your intuition is cherished, trusted and right
Your future lay sunny, inspired and bright

I have a dream, that your dream came true
That you’re in control and have all the clues
You’re an inspiration to others, as you play your true part
You live from your centre, and you lead with your heart

My porselein poppie…

Rykie toe ek gisteraand moeg en opgehuil in my bed klim, flits ‘n prentjie voor my oë. Ek onthou die Saterdagnag net na middernag toe jy gebôre is.

Die suster het my terug na my kamer gestoot, gewas , die kombers so styf om my vasgevou en met die opdrag ‘nou toe, kry jy nou ‘n ordentlike nagrus in, ons sal vir sussie besig hou vannag’ die lig afgeskakel. Met ‘n hart wat wou oorloop van geluk het ek weer met ‘n dankie Here vir my pragtige volmaakte poppie my oë so toegemaak en vir slaap ingewag. Maar net voor ek kon toegee aan slaap, flits die lig weer aan, die suster met jou in haar arms! ‘Jammer mammie maar hierdie dame dring daarop aan om jou te sien! Sy protesteer beslis teen ons flous van suiker water, ken konsuis die ware jakob!’ Hehe.. Ja jy was toe al ‘n dinamiese klein klein dametjie, wat geweet het wat sy uit die lewe wou hê!! Toe sy jou so in my arms neerlê en jy so met jou groot wakker blou oë in myne staar, het ons twee toe al geweet van hierdie pad wat ons eendag sou saam moes loop?

Rykie tydens gisteroggend se diens het die een boodskap so duidelik uitgestaan ‘dalk moet jy iemand vandag vergewe wat dit nie verdien nie of dalk moet jy jouself vergewe’. Ek het vir ‘n oomblik aan my en jou gedink. Jou sms’sie van nou die dag ‘ Mamma ek vergewe jou’ en hoe ek telke male ook vra ‘Rykie vergewe my dat ek nie wakker genoeg was nie’ Ek het nogals so weg gery en gedink ‘ek het vrede gemaak met myself, myself vergewe’ maar wat tog so huiwer op die randjie van my gedagtes is my vergifnis vir jou pa. Het hy my vergifnis verdien, hy wat geensin die begrip toon vir wat hy aangevang het nie. O, ek kan sien hy kry swaar, hy sê die lippetaal van jammerte maar waar is die opregte berou, die daad werklike pogings om te werk en heel te maak dit hy stukkend gemaak het. Jou my pragtige klein gebreekte poppie, sy ander emosionele gebreekte kinders.

Jou oproep gisteraand ‘Mamma help my, ek is ‘n emosionele wrak, ek kan nie ophou huil nie!’ het my onrus van die afgelope weke bevestig dat jy al weer op die afdraande pad is. Jou huil, jou gevoel van nikswaarde en die swaarste jou ‘wens’ om nie meer te wil lewe! Ek voel so magteloos, woedend, beangs en so hartseer tegelyk.  Verstaan iemand ooit regtig as ek sê ek voel soms soos ‘n woer-woer van emosies! My onmag om mense te kry om doen wat hulle so maklik sê. Here Ek het gesê ek het vrede gemaak, ek het gesê ek het vergewe maar Here as ek my kind so hoor huil, haar seer hoor dan wonder ek regitg ‘kan ek ooit vir James vergewe’?’ Daardie woorde uit haar mond van ‘ek is nikswerd! breek my hart stukkend. Here dan wil ek James aan sy skouers ruk, hom wakker ruk dat sy oë kan oopgaan vir dit wat hy op gemors het, wil ek berou amper in hom wurg!

Vanoggend word ek wakker met die beeld van ‘n stukkende porselein poppie, is dit jou beeld my liefste Rykie? Ja my gebreekte poppie maar Rykie ek sien net n pragtige jong dame met ‘n Godgegewe talent vir soveel sport, ‘n oneindige omgee vir ander en soveel liefde in haar. Weer kom gisteroggend se boodskap by my op ‘dalk moet jy vandag iemand vergewe wat dit nie verdien’! Gister het ek gewonder oor die boodskap vanoggend besef ek dit is soos Jesus vir my sorg. Ek moes weet Hy wag reeds vir my hier waar ek vandag deur my krisis van vergifnis gaan. Rykie ek besef, net Jesus kan jou heelmaak, weer PERFEK heelmaak! Geen mense woord of gom maar net Jesus kan jou weer perfek heel maak as jy Hom gaan toelaat en daarvoor vra! Rykie Mamma sal jou stut en ondersteuning wees, ek sal die salfies aansmeer, die drukkie in hartseer uitdeel, jou trane afvee as die eina te veel word en soms net saam met jou huil maar net Jesus kan ons weer heel maak.

Rykie my sonskynkind ek wil graag hierdie stukkie met jou deel, my gebed vir jou en my ander kinders, mag ons weer so dans van vreugde!

Soms het jou innerlike pyn ondraaglik geword, sê die Here. Ek smeer salf aan jou oop wonde. Jy het so op mense vertrou, maar hulle het jou bitterlik teleurgestel. Sommige van wie jy dit die minste verwag, het jou genadeloos in die rug gesteek. Maar Ek sal jou stukkende hart weer heel maak, sê die Here. Ek sal vir jou ‘n Vertroueling en Helper wees deur dink en dun. Jou hartsgeheime is veilig by My. Ek sal die jare wat die sprinkaan afgevreet het, vir jou teruggee … met rente. Jou hartseer sal in blydskap verander. Jy sal weer dans van vreugde. Ek sal dit vir jou waar maak, sê die Here. (Geskryf deur Hansie – Step Ministries)

Survival, Courage, Attitude…

It’s not the events of our lives that shape us, but our beliefs as to what those events mean. –Tony Robbins, (Awaken the Giant Within)

Ware moed is die positiewe houding teenoor die lewe se stryd.

Rykie se op en af emosies en haar skynbare weg deins om beheer te vat van haar lewe het ons laasweek tot stilstand gebring.  ‘n Lastige  mannetjie met heel verkeerde houding het dit reg gekry om my kind se vordering weer terug te sit met 2 jaar.  Maar uiteindelik kon my kind erken sy is moeg, lewensmoeg en koud, koud soos jy net kan wees as jou siel moeg is!  Vir die eerste keer kon ons twee saam met n liefdevolle omgee maar baie reguit berader praat oor ons angste en vrese.  Ek kon sê hoe verskriklik magteloos ek soms voel, hoe beangs dit my soms maak om te weet, my kind wil nie meer lewe nie!  Vir die eerste keer kon ek praat oor hoe min mense werklik verstaan wat dit is om saam met ‘n gemolesteerde te lewe, hoekom ons WIL praat en die besef, dis juis die onmag om te ‘deal’ met hierdie realiteit in ons gemeenskap wat ‘n mens so magteloos laat.

Ek is van nature ‘n positiewe ingestelde mens en daarom ervaar ek my kind se amper ‘wegkruip of hardloop’ geaardheid baie moeilik.  Dis amper asof ek my kind soms wil uitlig en sê leef, leef my kind jy het NIKS om oor skaam te wees nie!  Maar juis dit mag ek nooit sê nie, ek mag vir my kind probeer wys dat positiewe siening maak ‘n groot verskil maar alles lê in my mooi dogter se onmag om te praat oor wat met haar gebeur het.  Hoekom?  Dis ‘n mengsel van woede, skaam, kwaad en ja ‘n mate van skuldgevoelens! Maar hoekom, dis geensins haar skuld nie sou jy kon sê, tog is dit juis een van die swaarste wetes om te besef sy loop met ‘n geweldige “geintroktineerde’ skuldgevoel.

Rykie my kind ek bewonder jou!  Ek bewonder jou moed,  jou durf, hoe jy al die jare jou swaar las gedra het en ver bo jou omstandighede uitgestyg het. Hoe jy met harde werk en vegters instink ongelooflike sport hoogtes in jou jong lewentjie bereik het!

Dit het laat my wonder oor ‘courage’ en ‘attitude’, moed en houding.  Attitude en Courage is soos twee lewens pasmaats., die vinkel en koljander van die lewe!

My uitkyk op die lewe …

Baie keer vra mense my “hoe het jy alles oorleef?’  My antwoord? Soms wonder ek ook, maar dan ek glo ons moet leef in dankbaarheid, ek is gesond, ek leef  en ek is sterk.

Net omdat ek ‘n baie lag, beteken nie dat ek ‘ maklik lewe het nie. Net omdat ek elke dag ‘n glimlag op my gesig het, beteken nie dat die lewe nooit vir my kurwes gooi van tyd tot tyd nie. Ek het net gekies dat die tyd en die lewe my nie sal ondertoe sleep nie en om nie vas te steek op die negatiewe in my lewe nie. Ek het geglo elke nuwe oomblik en elke nuwe geleentheid gee my die geleentheid om ‘n voorwaartse stap te neem. Ek het verkies om te bly glimlag, en te glo elke stap vorentoe sal iets nuuts bring! ..

Hoop, my vasklou aan Hoop soos ‘n drekeling.  Ja ek het soms verpletter gevoel, baie keer verlate en sonder hoop en moeg, en ek kon verkies het om te bly lê maar ek het tog maar elke keer die keuse gemaak om op te staan en te leef in die in  belofte van Hoop wat die Here vir my gegee het.  Ek moes op die harde manier leer, dat soms is daar goed waaraan ek niks kan doen nie, ek moes leer om daarmee saam te leef en te verander dit wat ek wel by magte was om te kon verander!

Courage doesn’t always roar. Sometimes courage is the quiet voice at the end of the day saying, ‘I will try again tomorrow.’  –  Mary Anne Radmacher

Moed is om te doen wat gedoen moet word, ten spyte van jou vrese. Dit is die bereidheid om risiko’s te neem. Dit verg moed om op te staan voor ‘n gemeente en jou getuienis van hoop te gee, om eerlik te wees teenoor jouself en ander, om jou vrese te deel, om iemand te vertel wanneer jy hartseer, kwaad of seergemaak voel. Elke keer as jy in ‘n dapper wyse optree, voel jy goed omtrent jouself en kry selfvertroue. Dit is daardie vertroue en ‘n gevoel van innerlike vrede wat jouself opbou en dit versterk jou lewenshouding. Wanneer iemand vir jou sê, “Ek bewonder jou vir jou moed” sê hulle dat hulle hou van  die stille vertroue wat jy uitstraal, en jou moed om te word wat jy wil wees. ‘n  Moedige, selfversekerde persoon is ‘n gelukkiger persoon en skep ‘n gesindheid rondom hom of haar wat ander mense bewonder en wil naby wees.

Ek het dit gedoen! Wow! Ek het die onmoontlike berg van verwerping, aanvaarding van jare se ontrou, egbreek, die effek van molestering op my gesin uit geklim! Ja soms het ek maar baie verskeurd en  emosioneel flenters gevoel.  Iets binne my het geweet ek moes die ander kant bereik, daar was altyd soveel of iemand wat geraak was deur hoe ek sou reageer.  So ek het maar altyd opgestaan, stap vir stap, altyd op soek ‘n oplossing, vorentoe beweeg.  Soms het dit donker gevoel, soms baie alleen maar vandag weet ek, ek het die top bereik … die laaste hoogte van die pad na aanvaarding en vergifnis.  Ek het dit verower. Ek weet die pad af teen die berg af gaan ook soms moeilik wees, maar met die hoogtes agter my, ervaar ek hierdie gevoel van vervulling en vrede wat enige moontlike twyfel leefbaar sal maak.

2 Kor  4: 16-17 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.  Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

 

Courage Does Not Always Roar    –    By Paula Fox

When life gets you down and the problems you face are certainly more than your share…
When you run out of strength and you want to give up because it’s just too much to bear…
 
I want to remind you, my precious friend that you have what it takes inside…
Extraordinary courage that may not roar but it doesn’t cower and hide
 
It’s the quiet voice inside you that says, “Tomorrow I’ll try again.”
It’s the courage to keep on going… to see things through to the end
 
You are not defined by this moment in time. You are not what has happened to you
It’s the way you choose to respond that matters and what you decide to do
 
Courage is not the absence of fear, but a powerful choice we make…
The choice to move forward with purpose…regardless of what it takes
 
It’s the courage that’s found in ordinary women, who are heroes in their own way,
Exhibiting strength and fortitude in life’s challenges every day…
 
Valiant woman of exceptional courage with enduring power to cope…
Taking each problem one day at a time and never giving up hope.
 
We’re encouraged by the faith of others to survive and overcome,
With the courage to say, “I may be down…but the battle is not done!”
 
For the woman of courage is a winner… regardless of what she loses
She displays amazing beauty and strength with the attitude she chooses
 
She gives herself the permission she needs…to feel disappointed or sad.
But then she empowers herself with faith…to focus on good things…not bad
 
Her story is one of gentle strength reminding us all once more…
Steel is sometimes covered in velvet and…Courage doesn’t always roar

Een wonderlike oujaarsdag lank lank gelede…

Vandag 30 jaar terug het ek met ‘ n opgewonde hart en ‘n fladder in my maag wakker geword.

Die besef ‘dis my troudag vandag’. Vroegoggend was daar ‘n kloppie aan my deur, my liefste pappa met ‘n roos en n koppie koffie vir my. My laaste spesiale tydjie saam met pappa want soos hy gesê het ‘môre is jy ‘n ander s’n om te bederf’! So op die trappies van die karavaan het ons koffie in die hand die son sien opkom, elke blink straal ‘n belofte van hoop, beloftes van môre. Ek onthou van daardie stilte saam met pappa, geen woord was nodig net sy stille teenswoordigheid. My rots, my vertroueling en beskermer, ‘n tikkie hartseer het deur geskemer in sy stem toe hy my so teen hom aandruk met die woorde ‘mag jou dag vir spesiaal wees, wees gelukkig my kind’ en ja my hart wou bars van opgewondenheid want ek was so gelukkig, so geborge en beskerm!

My hele familie saam getrek in die karavaanpark want die plaas was te ver vir die okkasie. Die vorige dag was een groot fees. Ek onthou die vrolikheid in die saal, die gelag en gesels van al die familie wat help met kosmaak, tafels regskuif, dek, saal versier en die reuk van vars blomme wat hang in die saal. My troublomme wat verlore geraak het op vlug na my tuisdorp, ons het by elke huis in die dorp verby gegaan en blomme gesoek, enige kleur en geur! Die opgewonde oefenlopie in die kerk, kinders wat lag en rondhardloop. Dan, die refleksie van die ondergaande son in die saal oor die spierwit tafeldoeke met tafelruikers in mengelmoes van kleur maar prentjie mooi toe ons die saal toetrek! Ek onthou al die gelag, grappe en baie gesels tot laataand tydens ons groot familie braai. Ek onthou James se mooi woorde toe hy my nagsê op die trappie van die karavaan vir oulaas as ongetroude meisie!

Die Saterdag se bederf en pamperlang, die vele meer gesels by die haarsalon soos elkeen sy beurt af wag om opgedollie te word! By my tannie se huis waar ek moes aantrek, het ek seker ‘n honderd maal geloop en na my rok teen die kas se deur gestaar met ‘n ongeduldige opgewondenheid om my rok te kan aantrek. Die horlosie se tyd stadig asof dit kougom aan sy wysers het! ‘n Donderstorm het uit gesak asof selfs die strate en bome moes skoon wees vir my grootdag, die aarde skoongewas… Die reënboog hoog, breed in die lug, ‘n belofte van hoop. Onder ‘n groot strand sambreel het pappa my gehelp tot by die kar, die bondels rok, net, kant en sleep so om my geskik om in te pas in die kar! Ek onthou die stadige rit so deur die dorp se paar teerpaaie, nat water poele en die traandruppels op die blare wat so skitter soos die son die blare vang! By die kerk aangekom, het ek die rok en sleep so hoog bo my kniee in ‘n bondel gevang, laggend onder die sambreel die reën trotseer tot by die kerk.

In kerk voorportaal het my suster vir oulaas aan my getrek en reggetrek, ek het vir pappa in sy oë gekyk en gesê ek is reg! Die orrelmusiek het begin speel, pappa het vir oulaas vir my n drukkie gegee voor ons begin afstap na waar James vir my wag. Ek onthou die lag om almal se monde, die vreugdel in my! Die asemrowende mooi ruiker van ‘geleende’ blomme uit almal se tuine tot die liefdevolle kyk in James se oë. Die diens so mooi en te gou moes ek my naam teken! Ek onthou die uitstap op die kerk se trappe, onder confetti wat op ons neer reën het ek so na James gedraai en gesê ‘dit was so mooi, kom ons doen dit weer!’

Dis soms met seer en ‘n gevoel van mislukking as ek terugdink aan die dag toe ek na 27 jaar besluit het, ek moet halt roep! Dan onthou ek met hoeveel probeer en passie het ek alles probeer maar êrens het hy sy liefde vir my verloor? Die wonder soms ‘ dalk as ek dit anders gedoen het?’ maar ek weet dit was reg! Dis met heimwee wat ek terug dink aan al ons goeie tye, wat kon gewees as als net anders was! James ek moes jou laat gaan!

Sal vannaand ‘n glasie klink op my nuwe toekoms, ‘n blink nuwe môre wat wag vir my en my gesin!

I carry your heart with me

i carry your heart with me (i carry it in my heart)

i am never without it (anywhere i go you go, my dear;

and whatever is done by only me is your doing, my darling)

i fear no fate (for you are my fate, my sweet)

i want no world (for beautiful you are my world, my true)

and it’s you are whatever a moon has always meant

and whatever a sun will always sing is you

here is the deepest secret nobody knows

(here is the root of the root and the bud of the bud

and the sky of the sky of a tree called life;

which grows higher than the soul can hope or mind can hide)

and this is the wonder that’s keeping the stars apart

i carry your heart (i carry it in my heart)

– e. e. cummings ~

Vergifnis, skuld jy dalk nog iemand n verskoning

Skielik was ek daar… 25 Maart 2012

Ons behandel die boek Soeke na God. Dominee preek en sê ‘ek sluit af met die volgende verhaal  ‘Hy vertel die verhaal van ‘n 2de jaarse student wat hom een aand laat gebel het. Sy het n tydjie terug by hom gekatkiseer en wou by hom weet of sy nou maar mag selfmoord pleeg? Sy het mos nou die Here aangeneem as haar Saligmaker, so kan sy maar selfmoord pleeg voor haar pa by die huis kom. Hy vertel hoe hy sukkel dat sy net haar naam vir hom moet gee. Nee sy kan nie, want haar pa is ‘n hoogplaasde en dit sal hom ruineer. Maar sy weet gaan volg as haar nou by die huis kom want haar ma is nog by ‘n vergadering. Dan volg die verhaal van ‘n dogter was seksueel gemolesteer word deur haar pa as haar ma nie by die huis is nie, en hoe hy sukkel om net haar naam te kan kry om te gaan help. Met trane wat oor my wange stroom het ek myself onder beheer probeer kry.

Skielik verander sy stemtoon, die angs en kwaad lewe in sy stem as hy sê skielik begin sy histeries huil ‘ek moet aflui dominee,ek moet gaan, ek sien sy kar se ligte by die hek!’ Skielik was dit asof ek my Rykie se angs ervaar het wat sy moes belewe met die wete van haar pa is oppad na haar kamer toe. Kon ek haar spanning en bang aanvoel, om net te dink hoe bang en alleen moes my klein dogterjie nie gewees het nie snags, om so stil en bang te lê en wag en te wonder ‘gaan hy vannag na my kamer kom?’ Maande se inhou van my onderdrukte emosies en seer het oopgebars, het ek besef ek is total buite beheer ek kon net nie deksel van beheer terug kry nie. Ek het buite beheer gehuil. Vir die eerste keer het ek myself toegelaat om Rykie se seer en pyn te beleef, die onmag te ervaar om dit wat gaan volg af te weer, om haar angs te ervaar om geensin opgewasse te wees teen n grootmens. Ek was daar! Vriende het my kom haal uit die kerk bank en met my uitgeloop.

Ek wou uitroep Dominee hoekom kon jy my kind nie geglo het nie toe sy haar verhaal met jou gedeel het nie? Hoekom kon jy nie met haar ‘n pad loop en deel wees van haar heelword nie? Moet jy eers ‘n belangrike persoon wees om die moeite werd te wees om geglo te word? Rykie het so vasgehou aan die Here in haar stryd. Wonder of jy weet hoe seer en teleurgesteld sy was toe ek haar moes meedeel ‘dominee is nie meer deel van jou ondersteuningsgroep nie want hy glo jy jok!’ Ja selfs na jy ingelig is dat James alles erken het, kon jy nog nooit ‘n jammer vir haar sê nie. Kon jy nog nooit eers weer by haar gehoor hoe dit haar gaan. En jy preek oor vergifnis, ‘is daar iemand na wie JY dalk na toe moet teruggaan en vra vergewe my?’ Sal jy die terugdraai pad na my kind loop?

Vir die eerste keer kon ek toegee aan my kwaad vir James. Oor my mooie dogter se stukkend en seer, om haar te sien huil, hartverskeurend huil, maar dat ek nooit toegelaat was haar vas te hou nie, want daardie voorreg het James my ontneem want sy vertrou niemand naby haar nie! Haar so flenters te sien, ja dis wat sy is flenter en die magtelose gevoel en besef daar is nie n woord van vertroosing wat ek kan sê wat dit ooit sal beter maak nie. Niks, niks wat ek ooit doen of sê kan dit weg vat nie. Ek kan net vir haar bid dat sy daardie keuse kan maak en besef genesing begin die oomblik as sy kan vergewe!

Vir die eerste keer kon toegee aan my kwaad vir James, hy wat my Rykie by my gesteel het, my kind se kinderjare by haar gesteel, my kind se dogtertjie drome by haar gesteel het.

Kon ek uiting gee aan die seer emosies van verhale wat uit gekom het tydens haar sessies saam met my. Om te moes hoor hoe my dogter al vyf keer probeer selfmoord pleeg het, en die besef dat James nooit die opregtheid of eerlikheid in hom sou gehad het om te vir my te sê hoekom sy dit gedoen het nie. Nee hy sou die lafaard se pad gekies het en alles en die wêreld daar buite skuld gegee het behalwe homself. Om te moes aanhoor dat sy wou selfmoord pleeg omdat sy gedink het sy was dalk swanger en sy nie daarmee sou kom saamleef nie! Die kwaad vir James ‘hoekom het jy nie eers die ordentlikheid gehad om ten minste haar vertel jy is gesteriliseer nie, hoekom het jy my dogter so laat ly. Hoekom het jy haar so laat swoeg onder skuld gevoelens, afpersing en haar laat voel as sy dit of dat toelaat sal jy haar sal vergoed met watse aardse goed, solank sy stil bly sal sy veilig wees.’

Rykie ek bewonder jou vir elke tree wat jy gee na gesond word al is daar soms vyf tree terug! Vir jou veggees na elke terugslag van depressie wat jou in sy kloue wil hou. Dis vir my ‘n voorreg om die gesond word pad saam met jou te loop. Mag ek die geduld ontvang om kalm te bly as woede jou oorval, mag ek die wysheid ontvang wanneer om net stil te sit langs jou en net te luister as jy wil praat en dat ek sal spaarsamig sal werk met my raad. Saam jou bid ek vir die dag wat jy weer sal begin droom en dit uitleef! Vergifnis, maak dit jou eie!

Henry Ward Beecher – Forgiveness ought to be like a cancelled note – torn in two, and burned up, so that it never can be shown against one.

Ek kies die lewe..

Vrydag 21 November 2008 het ek finaal besluit om te breek met my huwelik van sewe en twintig jaar.

Ek het James meegedeel ek gaan skei nadat hy weereens bevestig het hy gaan nie gehoor gee aan my ultimatum om sy twee jaar lange ‘vriendskap’ verhouding met Elna te beëindig nie. ‘n Keuse wat ek moes maak om myself te red van emosionele ondergang en terwille van my kinders se emosionele welstand. Vir sewe en twintig jaar het ek saam geleef met emosionele misbruik en afbreek, angs, woede, aggressie, konstante verkleinering, intimidasie, ignorering, ontkenning, weerhouding en liefdeloosheid. Ek het ‘n punt bereik waar ek moes veg vir my eie selfbehoud en gesonde verstand want my selfvertroue, sin van eiewaarde, vertroue in my eie persepsies en selfkonsep het ‘n laagte punt bereik. Ek was vir die eerste keer reg vir die amputasie, ‘n totale breek.

James se reaksie was glad nie wat ek verwag het nie. Hy het van ons bed af opgestaan, in sy kar geklim en weggery. So dis dan is dit dit, het ek gedink! Omtrent twee ure later was hy weer by die huis, het so by my in die kamer ingestap en so voor my kom staan. Ek het verwag die gesprek wat gaan volg gaan weer ‘n pleit wees om weer te probeer. Die volgende oomblik was hy hande om my nek met sy koue woorde ‘ek sal die lewe uit jou wurg!’ ek het aan sy hande gerem, gehuil maar sy krag was heeltemal te veel vir my. Ek het spikkels begin sien, my lippe sulke prikkels begin maak. Hy sou my kon doodwurg sonder dat die kinders dit sou besef want geen geluid wou my mond verlaat nie! Die volgende oomblik het hy my so wegsmyt van hom af teen die bed, omgedraai en weer weggery. Hulle sê in sulke tye flits jou lewe voor jou oë verby, dis nie waar nie! Ek het net geveg om asem te kry, om sy hande los te kry!

Die laaste spyker in ons huwelik was die dag toe Elna in ons lewe gekom het. As ek die pad so terug loop tot by 2006. Ons het by n koffiewinkeltjie naby sy werk gesit toe hy sê ‘Sien jy daardie klein fyn vroutjie wat daar loop, dis die Elna vir wie ek gaan golf lesse gee’. So het die Elna fase ons huwelik binnegeval!

Stelsel matig het ek besef ek staan buite die kring van hulle ‘vriendskap’. Moes ek toekyk hoe Elna besig was om ‘n faktor in ons huwelik te word. Ja ons was al weer daar! Stadig maar seker moes ek toekyk hoe James se obsessie met Elna toeneem. Hoe weet jy daar is n potensiele probleem opppad? Jy voel uitgesluit van sy menswees! Klein goedjies, soos hy is skielik soos n valk oor sy selfoon, gaan skielik in die aande buite om te praat op sy selfoon, die konstante sms’e wat rondvlieg, vroeg môre laat aand en daar is altyd ‘n rede daarvoor. ‘n Rede vir hulle om openlik saam te kan kuier word altyd verdoesel in ‘n goed orkestreerde verskoning.

Ons moes huis vriende word, ons braai saam, ons kamp saam – James wat nog nooit van die ongerief van kamp gehou het nie. Maar die kamp word gereël onder die dekmantel van ‘jy is mos lief vir kamp, ek doen dit ter wille van jou en kinders!’ As James moes gaan werk in die Noorde, Suide, waar ook al kan jy maar altyd weet skielik het Elna ook een of ander werk om te doen daar, die gerieflike verskoning van dan kos dit die bank net koste van een kar. Sy word deel van ons gesinslewe, as ons op vakansie gaan word sy orals ingelig waar ons trek en omgekeerd. Sy verskoning hulle is goeie vriende en hy besorg is oor sy vriende. My toenemende irritasie met haar maak James net al hoe meer verskonend om alles te regverdig wat hulle doen.

Ek het James verskeie kere gekonfronteer dat Elna is besig was om ‘n faktor in ons huwelik te word. Ons het niks meer as ‘n gesin saam gedoen as Elna-hulle nie n deel daarvan kon wees nie. Hulle was elke middag na werk saam op die golf baan, het elke naweek saam golf gespeel, alleen altyd onder die dekmantel van afrigting. As hy nie saam haar kon speel speel nie was hy haar caddy.

Dit was n rondomtalie tyd in my lewe. Seer, vernedering, woede en dan selfs tye van gelate probeer aanvaarding van die situasie het wipplank gespeel met my emosies. Ek het voluit gelewe met my masker vir die wêreld daar buite tussen my werk, ma en vrou wees maar binne-in het opgekropte emosies my stukkend gemaak.

Ek het myself verneder deur Elna te bel, gevra ons moet asseblief gaan teedrink en hierdie ding uitpraat. In haar soet sagte stemmetjie het sy my verseker daar is niks anders as vriendskap tussen hulle. Op my vraag as Gideon so ‘n vriendkap sou aanknoop of sy haar toestemming sou gegee het, was haar antwoord was dat sy my punt kan insien en dat sy met James sal praat en seker sal maak hulle verontrief my nie. So alles het van haar afgehang, ek moes so dankbaar wees!

Vir my was Elna ‘n jakkals, ‘n slu heks, n mannevreter, ‘n verleier ‘n huweliksopbreker! Stadig maar seker was die twee van hulle besig om my emosioneel af te breek. Ek het mooi gepraat, gehuil, gepleit, kwaad geword en ja lelike goed gesê vir haar, wat ongelukkig met dubbele krag terug gekom net na my toe. Sy het eenvoudig vir James ingelig en gesê sy voel seergemaak dan moes ek maar die gevolge van sy woedebuie verdra. Die keer wou net mooi niks help. Met al die ander vroue kon ek darem n breek forseer, maar Elna het geklou soos n neet!

Mense het my begin bel. Raad gegee soos ‘jy moet net een oggend terug draai, want sodra jy weg is gaan hulle saam koffie drink ! Of weet jy dat jou man en Elan ‘n verhouding het! Of in meetings sit hulle openlik en flirt met mekaar. Of James is voortdurend in Elna se kantoor. Of Jy dink James gaan kantoor toe na jy hom gegroet het, hy gaan terug na sy kar toe, het vanoggend hulle twee op die trappe in mekaar se arms betrap.’ Dalk goed bedoeld van die mense, dalk om kwaad te saai maar vir my was ‘n bose kringloop want my meer en meer opvreet het!

EK het my verneder tot ‘n vlak deur van sy sms’e te lees. Met angs moes ek sien hoe alles tussen hulle meer instens en intiem raak. Maar ek was te lafaard en te bang vir hom om hom daarmee te konfronteer. O ek het duisende gesprekke in my kop met hom en haar en selfs met Gideon gehad. Die kere wat ek hom wel gekonfronteer het daarmee was sy verskoning ‘dis jou verbeelding’ , of ‘is ons nou alweer op een van jou mal verbeelding trippies!’ Ek begin aandring op die verbreek van die ‘vriendskap’, sy woorde altyd maar net ‘oor my dooie liggaam, jy gun my nooit vriende nie’.

Hoekom het ek nie weggedraai van dit alles, totale breek gemaak nie? Ek was n duisend maal daar, reg vir oppak en loop. Tog was ek verskeurd tussen skuldgevoelens oor my kinders en my huweliksbelofte. Ek het besef ek glo al sy afbreek van ‘ Jy sal nooit op jou eie ‘n bestaan kan maak nie want sonder my is jy niks’. Sy dreigemente ‘Jy sal niks doen wat my naam skaad nie, ek sal die lewe uit jou wurg as jy dit durf waag!’ Vandag weet ek, hy het eintlik twee lewens gelei het: die mooi beeld van n suksesvolle man vir die mense daar buite, maar die skadukant want sy afbrekende geaardheid, woede, sy selfsug, daardie kant was gebêre vir my en die kinders.

My laaste ultimatum was ‘n total breek van Elna en alle bande met hulle as gesin, en ons gaan sien ‘n berader waarop sy antwoord ‘n beslisde nee was. Toe het ek geweet ek is reg vir die mes, ek kies die lewe!

As deel van my gesond word het ek die volgende afskeidsbriefies vir ons huwelik se begrafnis geskryf:

James jy het my soveel keer beledig, verneder en seer gemaak. Jy het my uitgekryt as mal of van my kop af. Afbrekende woorde wat sulke diep seer wonde gelaat het dat ek soms gewonder het of ek nie ook dalk soos ‘n brandwond pasient lyk nie, vol letsels. Woorde wat jy altyd so kon verdraai om jou te pas, vandag besef ek jy is die een wat ‘siek’ was en ek al die jare die sterkere een! Ek houvas aan die belofte van die Vader dat Hy ook vir jou sondes gesterf het aan die Kruis, en sal ek bly bid dat jy tot bekering sal kom en opregte vergifnis sal vra voor die Here.

Elna jy was die oorsaak dat ek op n dag vir James kon sê, nou kies jy tussen my of Elna. Nou ja soos jy weet het hy jou gekies. Hy kon nie met jou breek, hy was eenvoudig nie bereid om julle vriendskap te breek ter wille van my nie. Tog ek het geweet na twee jaar van baklei, huil, en pleit met julle en ter wille van my eie selfbehoud moes ek ‘n keuse maak. Ek kies die lewe! Ek was woedend vir jou, het jou eintlik gehaat by tye, want jy kon bly in jou kokon van veiligheid, met Gideon aan die eenkant en die opsessiewe beskermende omgee van James aan die ander kant. Jy het van jou kant af nooit enige pogings aangewend om hierdie verhouding te stop nie. Vir my was jou skynheiligheid die ergste, jou valsheid! Elna ek sal nooit enige respek vir jou hê nie. Ek vergewe jou vir al die seer en vernedering wat jy my veroorsaak het. Ek weet vandag dat ek jou nie langer in my lewe en gedagtes n plek gaan gee nie, jy het geen houvas op my meer nie.

Gideon vir jou was soms jammer maar net so baie kwaad omdat ek geglo het jy het niks gedoen om hulle te stop en te konfronteer nie. Maar ek glo jy het ook maar jou eie pakkie gedra. Ek vergewe jou dat jy nooit teen hulle opgetree het nie.

Die bevryding hieraan is my besef dat die Here vir ons almal se sondes aan die kruis gesterf het. My vergifnis aan hulle het my weer in beheer van my eie lewe geplaas en het ek die dolebewuste keurse gemaak om nie die slagoffer van my omstandighede te bly nie. Ek het die lewe gekies!

Hebreërs 12: 15 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.

Wanneer jy niks doen om iemand te vergewe nie, word dit ‘n siek plant wat jou lewe versuur. ‘n Wortel van bitterheid groei ondertoe en ‘n loot van onaangenaamheid groei boontoe.

Weer ‘n keer word die mat onder my voete uitgeruk..

Ek onthou my eerste kennismaking met depressie in November 1990.

Gedurende die tyd het ek so stadig maar seker James begin ervaar afsydig en eenkant.  Met die vorige episode maar nog in my agterkop gebêre was my grootste vrees, daar is alweer n ander vrou in die prentjies is. Gaan daardie vertroue ooit herstel word? Die Maandag môre het ek vir hom gevra hy moet met my praat want ek kon sien daar is fout. Oudergewoonte het ek maar weer eerste die fout by myself gesoek. Sy antwoord was net kortaf daar is geen fout.

Net na elf het my foon gelui, James! Net n kortaf bevel ‘wees een uur by die huis’. My senuwees was gedaan teen die tyd wat ek by die huis gestop het, my vrugbare verbeelding het teen daai tyd alle senarios afgespeel van wat gaan kom. Toe ek instap in ons kamer, was hy besig om te pak. Sy koue woorde ‘ek trek uit, ek het klaar ‘n ander blyplek gekry en ek wil skei’. Netso! Dit was soos n vuishou in my maag. Op my vraag na ‘n rede net sy kortaf antwoord ‘dis my besluit en klaar’ Tipies Mari het vrae gevolg soos ‘Is dit ek? Is daar iemand anders? Kan ons nie met iemand gaan praat nie?’ Nee! ‘Komaan James ‘n mens besluit nie net oornag om jou vrou en twee jong kinders te los nie vir niks of niemand nie’ het ek gepleit.

Hierdie was ‘n donker tyd vir my. Ek het James geforseer om self die nuus aan sy twee seuns, vyf en ‘n jaar oud oor te dra. Die Dinsdag het my pa gebel, op sy vraag of daar fout is, het al my voorgee gebreek. In trane het ek vertel ek het geen idee hoe om hierdie situasie te verwerk of aan te pak nie. Woensdag middag was myouers in Windhoek by my en die kinders. My ouers, ek en ons dominee het probeer praat met James maar niks of niemand kon tot hom deurdring nie. Ek hoor nou nog die hartsverskeurende gille van Junior as James wou ry, sy vasklou aan sy pa se bene. Dit was ‘n tyd wat James kom en gegaan het soos dit hom pas. Soms het hy onverwags by die huis gestop om te kom kuier, saam met ons geëet asof niks in die wêreld verkeerd was nie. Soms sou hy toenadering soek en as ek ingee sou hy my so wegstoot met die woorde ‘moet net in dink dit gaan enigiets verander, óf moet net nie nou gedagtes kry nie!’ altyd so kat en muis speletjie met my emosies.

Dit het my laat voel soos n bedelaar, as ek vandag terug dink weet ek hierdie was die trend van ons 30 jaar saam. Ek moes altyd die vrede bewaar, ek moes altyd die mindere wees of saam leef met sy woede, die ignorering en koue stilte totdat hy eendag gevoel ek is nou genoeg gestraf.

Ek het op aanbeveling van ons predikant ‘n prokureur gaan sien en ‘n tussentydse eis teen James ingestel. Ek het die Desember vakansie my seuns gevat en see toe gery met hulle. Ons het daagliks maar langs die see gaan rond baljaar en toe net voor kersfees kom roep my ma my, ek moet kom kyk wie is hier. James! Volgens hom wou hy weer terug kom, sodat ons het die res van die vakansie soos n gesin kon deurgebring. Ek was huiwerig, het gevoel hy krap net die twee kinders van vooraf om. Na die week by die see is ons saam met oupa-hulle plaas toe. Ons hele familie het n heerlike oujaarsdag ‘ons huweliksherdenking’ in die Etosha panne deurgebring.

Na die vakansie by my ouers, het oupa voorgestel dat die seuns by hulle agterbly. Dit sou aan ons die kans te gee om te werk aan ons huwelik. Maar Sondagaand toe ons stop by die huis, het James eenvoudig in sy kar geklim en weg gery. Gesê ons wil hom in n hoek druk? Was ek die een wat gesê het hy moet terugkom of saamkom plaas toe? Nee! My pa was woedend oor James se oneerlikheid en gebrek aan opregtheid. Pleks dat hy het my op die plaas gelos het, toe sit ek stoksiel alleen in Windhoek.

Die Maandag het James my kom meedeel dat hy ons huis in die mark gesit het. Nog meer onsekerheid en seer. Die Woensdag het ek begin siek word. Dokter het gepreek oor my etery , dat hierdie dalk maar net n psigiese fase en dat ek sal moet begin aanvaar dat James nie gaan terug kom nie. Maar ek moet tog ook nie te gou besluit nie ‘n tyd los vir James om sy gedagte op te maak, hoeveel tyd nog? Met n sak vol pille, vitamines en wat nog is ek terug huis toe.

My pa hulle het die naweek die kinders teruggebring. Teen Saterdagmiddag was ek sommer baie siek, teen tien uur die aand het my pa my na ongevalle geneem vir malaria toetse. Net na twaalf die nag het die hospital gebel, dit was negatief. My koors hemelhoog, ek so naar en ‘n kop wat voel of hy ‘n byl in hom het wat vassit. My ouers moes Sondag oggend terug ry plaas toe, oupa het vir James gebel en gesê hy moet kom help met die kinders want ek is baie siek. Nodeloos om te sê James het nooit opgedaag nie. Teen Sondagaand was ek so swak dat buurman my kom haal het dat ek by hulle kom slaap vir die nag en sy vrou na die kinders kan kyk. Maandag oggend net na ses het buurman die hospitaal gebel en gesê hy bring my in, hy gaan nie langer sien hoe ek agteruit gaan nie. Daar het hulle met al wat ‘n toets begin, het soos n spelde kussing gevoel! Ek het geglo ek was besig om dood te gaan, kom amper nie meer loop nie. Nog steeds kon hul nie ‘n fout met my kry nie. Getoets vanaf borsluiskoors, malaria tot ‘n moontlike swangerskap! Als het net negatief gebly en ek net al hoe sieker! Dinsdag het ek gevra hoekom my hand so geel is? Eers toe gryp die dokter sy kop vas en kyk in my oë, wat toe ook al goudgeel was! Teen daardie tyd was my lewer al vreeslik vergroot en ek beveel om nie eers te waag om alleen badkamer toe te loop nie. Die Vrydag was ek ontslaan in die sorg van my ouers en het hulle my en kinders plaas toe geneem. In al hierdie tyd was James nie een keer eers in die hospitaal by my nie, hy het ook nie eers die kinders by buurvrou gaan haal nie, sy het hulle elke aand na my toe gebring.

Tydens die derde week op die plaas het James een oggend uit die bloute op die plaas op gedaag. Die kinders was uitbundig bly om hom te sien. Ek het in die namiddae klein entjies gaan loop maar nooit te ver anders was ek maar weer net so geel die volgende dag. James wou saam loop, het gevra of ek ons nog ‘n kans sal gee? Ek het gehuiwer en gesê daaroor moet ons maar gesels as ek eers weer in Windhoek is en op die been is. Terug in Windhoek het ek en die seuns in ‘n klein huisie ingetrek. James het gereeld kom kuier en in Maart het hy gesê hy wil graag terugtrek, hy het nou sy kop skoon.

Ja, Ek het hom weer terug gevat. Maar weereens was daar geen ruimte gelaat vir praat daaroor nie, geen jammerte en verduideliking. Net die gewone stillswye en moes ons maar net weer aangaan met ons lewens asof hierdie insident nooit gebeur het nie. James was nie bereid om met iemand hieroor te praat nie of dat ons gaan vir berading nie. Vanweë James se onwerkte trauma oor sy kinderjare het ek maar hierdie fase daaraan toegeskryf en het hy soms verwys na die tyd toe hy sy kop verloor het. Na baie bid daaroor het ek geglo dis die beste vir my seuns en was ek oortuig dat die Wil was van die Here.

Vir my was hierdie ‘n tyd van emsionel afbreek en onsekerheid, waartydens ek gedurig moes hoor ek sal nie sonder hom kon klaar kom nie. ‘n Tydperk waar ek die emosionele afbreek en seerkry in my kinders moes aanskou, veral Junior. Die onmag van ‘n ma se hand om die seer van hulle weg te keer. Vir jare daarna nog as James moes weggaan vir werk of sport, was dit n tranedal om hom te kalmeer en te oortuig sy pa sal terug kom. My oudste seun is vandag ‘n groot man maar hierdie verwerping van sy pa is nog steeds deel van sy menswees. Baie familie bande en vertroue moes weer opgebou word, maar my pa en ma het hom soos ‘n verlore seun teruggevat.

In daardie ses maande het ek keerop keer my las vir Here gegee, verskeie kere agtergekom ek het dit weer gaan haal by Hom en dan maar net weer gaan teruggee. Ek het baie vrae oor myself gehad, my tekortkoming en foute. Die Here het my keer op keer daaraan herinner dat ek vir Hom kosbaar is en na Sy beeld geskape. Ek het vuriglik vir die Here gebid in die tyd om James te bekeer en terug te lei na Hom toe. Een Sondag môre het James opgestaan en net gesê ons gaan vandag as ‘n familie kerk toe. Ek het net ‘dankie Here geprewel’ en besef dis so waar die Here se tyd is nie ons tyd nie!

Mattheus 11: 28-30 Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

My onthou pad … 1987

Vandag neem my terug na ‘n Maandag in Junie 1987 wat ek voor ons poskantoor gestaan het en ek die wêreld om my voel rondomtalie het ….

As deel van my terapie na gesond word moes ek begin terugstap op my lewenspaadjie en veral my huwelik van 27 jaar, moes ek uitwerk hoekom ek so bang is vir James. My onthou pad neem my na 1987, die eerste insident van n derde persoon in ons huwelik, ons was vyf jaar getroud en ons oudste seun so agtien maande.

My etenstyd, ek het so pas ons pos gaan uithaal, voel half verveeld met myself want James was af Kaapstad toe vir die naweek… ‘n kar weggeneem vir ‘n handelaar, met die verskoning om sommer die rugby ook te gaan kyk op Nuweland. Daar was ‘n strokie vir n posstuk met te min posgeld. Ek wou dit eers los want ek moes terug kom by die werk. Op die ingewing van die oomblik het ek omgedraai om tog maar te gaan afhaa, tipiese vroumens nuuskierigheid ne! Ek het die 10c oor die toonbank geskuif na die dame, syhet weggeloop en terug gekom met n groterige koevert. Sy het aan my oorhandig. ‘n Groot koevert soos n verjaarsdag kaartjie, my eerste gedagte was vir wie?.. want dis was vêr van my, James of Junior se verjaarsdae af…. dalk n verdwaalde posstuk het ek gedink? Ek onthou ek het so uit die poskantoor gestap, die stel trappe afgeklim so lees lees. Gesien dis aan James geadresseer , ek het dit koevert omgedraai en die naam gesien van die versender… en net daar so op die sypaadjie het ek koevert oop geskeur.. ‘Met al my liefde, baie danke vir ons tyd saam, ek mis jou oneindig baie liefde en verlange Elana’ klomp hartjies en soentjies onderaan! die wêreld tuimel om my, want ek het besef wat ek eintlik lees maar… maar dit kon nie wees nie!

Iemand het my so op my skouer getik, ‘n huisvriend van ons “Is als reg Mari?” Dalk het hy die verslaentheid gesien op my gesig ‘Ja.. ja dankie als reg” … maar binne my gil dit NEE . Ek het al die pad teruggeloop terug werk toe. Kort kort het ek gestop, die kaartjie uitgehaal en eers weer seker gemaak , is dit regtig aan my James gerig? Ek was soos n robot… Ek het by die bank ingestap en na James se kantoor geloop na sy lessenaar toe. Ek het sy ander pos in sy laai gesit. en sy aktetas daar gesien staan. Ek het so oop geklap en begin so deur sy dokumente gegaan, kry nog n briefie met n adres en telefoon nommers… Toe kon ek ook ‘n van by die naam sit ‘Elana van Zijl’. Maar waar, van waar, wie was sy! Ek het nog nooit van haar gehoor, en het meteens het ek onthou , James het gedurig van iemand gepraat vandat hy terug was van die Weermag Kamp in Meimaand in Pretoria. Skielik het al sy skielike ryery tyding en ontydig af Kaapstad toe om karre weg te neem vir my sin gemaak.

Verward en verslae het ek agter my lessenaar gaan sit by die werk. Uiterlik die stil en kalm Mari maar binne in my was ‘n oorlog van gedagtes, my hart was so seer, maar ek kon nie eers huil nie! As ek net kon huil, gil of selfs skreeu!!! Ek kon dit met niemand deel nie of selfs bespreek nie!

Genadiglik word dit 5 uur, ek het vir Junior op by sy dagmoeder gaan optel …. haastig ek wou net by my huis kom… gaan wag want ek het geweet James behoort so 7 die aand by die huis te wees. Ek was soos ‘n slaap wandelaar, kos gemaak vir Junior, hom gebad en toe gewag. Om en by ses uur het die foon gelui, James! ‘ek is hier by jou neef-hulle, ons eet sommer hier’. Ek het n sak gepak vir Junior en gery. Ek wou nie tussen mense wees nie, ek wou vir James alleen kry, ek wou weet wat gaan aan! Ek was eenkant, stil tussen hulle en amper venynig met my antwoorde op alles wat James gesê het. Ek kon sien James was ongemaklik nie seker wat aangaan net soos ek weet neef-hulle vermoed iets snaaks was aan die gang. My neef het kom vra of als reg is, ek het net bevestigend geantwoord!

By die huis gekom het ons in die huis geloop, hy het sy goed in die kamer gaan neersit! Met die sy instap in die kombuis, het ek net die posstuk so in sy hande gedruk… hy het my nader probeer trek en sy woorde “wag begin laat ek net verduidelik” het ek hom sommer met my vuiste op sy bors geslaan! Ek was histeries van kwaad, seer en al die vernedering veral toe hy erken al die trippies af Kaap toe die afgelope paar weke was altyd na haar toe. Toe ek hom vra oor die sweetpak wat hy die een slag vir my saam gebring het, het hy so ewe kalm geantwoord sy het dit net vir hom aangepas om te sien of dit vir my sal reg wees. Ek was so kwaad, en vernederd. So stuk vir stuk het hy daarmee uitgekom dat hy haar in Pretoria op hulle kamp ontmoet het en dat hulle al van daar af n seksuele verhouding gehad het.

Hy het gevra ek moet hom vergewe en nog ‘n kans gee. Ek het hom voor ‘n ultimatum gestel dis of ek of sy, dat hy alle kontak met haar moet verbreek as hy enigsins ernstig is oor sy weer probeer. Ek het met my dominee gewerk om myself weer te probeer opbou maar James het net eenvoudig geweier om met iemand saam te werk. Ek het nooit met enige iemand oor die voorval gepraat of met enige van die gevalle wat sou volg in die toekoms!

Ek het op n kosbare boekie afgekom wat gaan oor vergifnis. Ek het dit bestudeer en deur gelees, tot op die letter probeer toepas in my lewe. Daar waar angs en twyfel my oorval het, het ek my daaraan herinner dat ek as ek gesê het ek vergewe hom ek dit nooit weer sou ophaal nie. Daar was sulke swaar emosionele tye wat ek geleer oorkom het met n masker op my gesig… soos n nar! Ek het vasgehou aan psalm 23 ‘Die Here is my Herder’  Net as ek alleen was het ek soms toegee aan my angs en alleenheid, het ek net in my eie binne kamers gehuil. James kon nooit verstaan hoekom dit my nog pla en sekere goed my laat onveilig het nie, hy het mos gesê hy is jammer!

James het geweier om ooit weer hieroor te praat en is dit maar net altyd weg gepraat asof dit nooit bestaan het nie… Ek was die een wat maar alles moes verwerk, moes daarmee tevrede wees om nooit’ n jammer of enige verskoning te kry nie of self het hu nooit ‘n hand in eie boesem te steek nie. Alles was maar altyd my skuld. Ek moes hom te allle tye met respek voor ander behandel, ek moes net nooit iets doen wat hom laat voel ek raak sy karakter aan nie. So het ek ‘n meester geraak in krisis ontlading, as daar iets was wat kon lei tot konfrontasie of woede moes ek seker maak dit raak weg voor dit my en my kinders raak. Hy moes net altyd ‘n mooi prentjie na buite wees, die voorbeeldige, sterk een. ‘n Man met twee gesigte!

Ek is kwaad omdat ek maar altyd net n ander pad gekyk het, is ek kwaad omdat ek nooit ooit vir hom gesê hoe kwaad en teleurgesteld ek in hom was nie. Dit maak my kwaad dat ek altyd as die onstabiele een uitgemaak was en dat ek nooit reguit vir hom kon sê ek het nie meer respek vir hom nie. Ek kwaad oor die vernedering, die kommer oor oordraagbare siektes en verwerping wat ek elke keer maar moes deurwerk en verwerk asof dit niks was nie. Kwaad dat ek elke keer alles vir die wêreld weggesteek het omdat ek geglo het ons kan hierdeur werk en vandag weet ek dit was maar net ek wat alles moes verwerk, hy het net sy eie egosentriese lewe geleef. Dit maak my kwaad as ek dink hoe lank het ek toegelaat dat my bang vir James se woede en emosionele uitbarstings my lewe regeer. Hoeveel skade ek aan die kinders daardeur veroorsaak het nie. Hoe ek sy emosionele afbreek, woede en geweldadige manier van straf van die kinder probeer verduur het. Ek is baie jammer dat ek nie jare terug al besluit het om n pad weg van sy geweld, humeur en afbreek te loop nie.

Dit maak my hartseer om te dink ek het soveel drome en ideale gehad. Ter willle van James en die kinders het ek my drome en ideale laat gaan, om daar te wees in hulle aktiwiteite, nooit besef ek is besig om my eie identiteit te verloor nie! Dit maak my hartseer om te dink ek het al die jare hierdie masker lewe gelei terwille van my kinders en tog is die skade so groot in hulle lewens vnadag, was hulle tog maar al die jare bewus van wat aangaan. Soms voel ek jammer dat ek nooit veel eerder uit hierdie siek verhouding gestap het nie! Maar daar was tog ook mooi tye wat my soms laat voel het dis alles die moeite werd. Het ek maar geweet..

Vergifnis is die een ding wat ons almal byna elke dag sal doen solank ons leef. Vergifnis was nog altyd vir my ‘n pad van gesond word. Dit was my keuse. Maar ek weet vandag dat my vergifnis myself vrystel maar dat dit nie James kwytsteld van sy sonde nie tensy hy dit voor ons Vader bely.

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Die rimpeling effek..

Ek weet daar moet n warboel van vrae deur julle koppies gaan soos ons hier in ‘n ry sit en wag vir ons beurt by die berader.

Buiten my oudste seun wat nou weet wat aangaan en Rykie waaroor dit gaan, is die ander twee nog in die duister. ST was tevrede met my antwoord hoekom hulle almal hier moet wees vandag terwille van sy suster krisis. Sorgeloos en vol terg sit Liesbet en grappe maak, as ek maar net haar kinderlike vertroue kon beskerm. My hart klop in my keel, wens daar was ‘n ander manier.

Met sy gewone sagte manier van praat en met baie deernis het die berader vir hulle die verhaal van Rykie geskets waarom ons almal daar bymekaar is. Die stilte is die kamer is hard, net Rykie se sagte huil in die agtergrond. Dan ST se kenmerkende sagte geaardheid, ‘n stil vraag aan sy suster ‘is jy ok sussa?’ Op die berader se vraag aan die twee seuns of hulle pa dalk al ooit aan hulle gepeuter het beide nee geantwoord. Toe hy vir Liesbet vra of haar pa al ooit aan haar gepeuter het kon jy die verwarring op haar gesiggie sien. ‘Ek verstaan nie wat oom bedoel nie’. Ag Here sy is nog so klein en onskuldig. Ons het besluit die beste sal wees om n spelterapeut te besoek vir haar evaluering wat op n kindervlak met haar sal werk.

Ons het aan die kinders verduidelik wat die pas min of meer vorentoe gaan wees, dat hulle nou n afspraak gaan maak met hulle pa om sy kant van die saak te hoor. Vanwee hul pa se geskiedenis van woede en agrresie gaan ons nie geen kans vat nie en sal ons in plek van veiligheid geplaas word.

Die gesegde uitmekaar spat klink so woes maar die rimpeling effek van een persoon se ondeurdagte keuse het n ongelooflike effek op ons huis gehad. Wat by die dag al hoe verder uitgekring het! Die implikasie al hoe meer.

Aan die eenkat my desperate poging om my dogter stabiel en uit die kloue van nou ‘ n dreigende depressie te hou, my seuns se uit mekaar val, amper of hulle in hulle wilde kuiers vergeet en nie nodig het om te erken wat in ons huis gebeur het nie en my sonskyn laatlamkind se laggies wat nou blaffende woede geword het.

Als net omdat ons nie weet hoe om oor hierdie sekondêre trauma te praat, hoe moet moet ons rondom James optree nie. Die optrede van my gesinslede na die bekendmaking wissel van skok, hulpeloosheid, woede en ‘n gevoel van isolasie en selfs vervreemding onder mekaar. Hulle voel heel moonlik geskend. ‘n mate van skuldgevoel en dan die ‘skande’. Ongeag alles bly dit nog hulle pa.

Op die die 27ste Augustus 2010 het hul pa skuld erken. Van ons verwagte ontploffing het niks gekom, hy was eenvoudig soos n afgeblaasde ballon sonder fut. Tog het ons pad na herstel toe eers regtig begin…

As dit net nie so seermaak nie..

Ma ek vertrou jou glad nie!

Ek en Rykie het op haar aandrang vandag deurgery na ouma. Sy wou opsluitlik self vir ouma vertel! Ek het die vorige aand die kinders ingelig dat ek gaan ry om Rykie weg te vat. Op hulle vrae ‘hoekom in skooltyd’ het ek na die beste van my vermoë probeer antwoord. Ek het gereken gee so min as moontlik inligting dan is die wonder en vrae soveel minder. In hierdie stadium het ek net probeer het om alles so stabiel moontlik te probeer hou terwille van Rykie se toestand, inspanning gewag vir volgende week wat ons die kinders almal gaan inlig.

Vrydag môre vroeg het Junior so langs my kom staan en gesê ‘wat presies is hier aan die gang’? Ek het geantwoord ‘Rykie belewe ‘n baie diep krisis, dis n baie sensitiewe saak’. Ek kon sien Junior glo my glad nie, gee my net ‘n week kans het ek gepleit dan sal alles duidelik wees? Toegegee hy is eintlik al ‘n volwasse maar vir my sal hy altyd net my kind bly. Moes ek die kans vat en hierdie opvliende bondel woede kind van my vertel? Gaan ek regtig tot hom kon deurdring dat die saak in ‘n baie kritieke, sensitiewe stadium is? Dat daar nie nou ruimte is vir een van sy voortvaarende impulsiewe optredes nie? ‘Nee! Ek vertrou jou glad nie’ was sy antwoord. Seergemaak het ek geantwoord ‘as jy maar net weet! Ek dra elkeen van julle se belange op my hart. Wil vir elkeen van julle net die beste hê in die lewe’. Here as ek net my kinders hierdie skok en seer kon spaar. As hulle net kan verstaan ek probeer hulle belange beskerm en ek is opreg in alles wat ek doen!

Op sy dreigement van aksie het ek hom net so aan sy arm gegryp. Iets van my greep op sy arm moes hom laat stil bly het, moes hom laat besef het ek is ernstig. ‘Goed! Jy reken jy is reg hiervoor! Al wat ek vir jou gaan sê is jou suster is verkrag en Nee, meer kan ek nie nou sê nie. Net dat jy nie hieroor mag praat met enige iemand nie, nie eers jou pa nie’ het ek geantwoord. ‘Ma wie was dit, ek sal hom gaan doodmaak’ was sy kwaad antwoord. ‘Asseblief Junior moet niks onverantwoordelik aanvang nie, dit gaan die hele saak verongeluk’ het ek gepleit.

So om en by tien uur het my kind my gebel en gesê ‘Ma ek gaan mal word, ek kan nie werk nie. Ek moet weet wie dit is’. Ek het besef ek sal ‘n dringende afspraak by ons berader moet kry want hierdie is een van die goedjies wat nie in of by ons beplanning gaan bly nie. Ek het die sielkundige geskakel, die vroegoggend gesprek geskets met my seun en gesê dat hierdie toestand nie nie tot Dinsdag kalm gehou gaan word nie. Noem my ‘n lafaard maar ek het nie die hart gehad om hierdie seer bekentenis met hom self op my eie te deel nie. James wat het jy aan my en die kinders gedoen! Nie net het jy my kinders ontneem van ‘n sorgvrye lewe, ‘n lewe van aanvaarding vir wie en wat hulle is, ‘n pa wat daar was vir hulle langs die spotveld meer nog ‘n pa na wie hulle kon opkyk, nou moet hulle ook nog verwerk dat hulle pa niks minder as n krimineel is nie!

Ek weet nie wie van ek of my seun die meeste op ons senuwees was nie toe ons by die spreekkamer kom nie maar die berader wag vir ons by die deur. Een van die vele Engele wat ek weet die Here op ons pad gebring het in hierdie seer tyd. Op sy stille dinamiese manier het hy die hele krisis aan Junior geskets. Nog voor hy kon sê wie het Junior geantwoord ‘dit kan net my pa wees’! Sjoe ek was stomgeslaan, hoe het hy daarby uitkom? Weet hy dalk iets wat ek nooit geweet het nie? ‘ Hoekom verdink jy hom’ het die berader gevra?

‘Skielik verstaan ek hoekom Rykie alles gekry het wat sy vra! Sy kon net noem ek kort dit of dat, dan het pa dit gaan koop, maar vir ons was daar net nooit geld net n afjak as ons sou iets vra’! Dis vir my soos n hou voor die kop. So het ek nog nooit daarna gekyk nie. Sy is baie sportief en verteenwoordig baie sportsoorte, so ek het maar altyd gereken dis nodig daarvoor. Tog was daar kere wat ek ook gereken het sekere items was oorbodig en onnodig maar daar was maar altyd n antwoord oor hoekom dit nodig is!

‘Hoekom is hy nog nie toegesluit nie? Hy kan nie daarmee wegkom nie dis my suster!’ het my platgeslaan. Om soveel woede en kwaad in my kind te sien teenoor sy pa en sy beskerming teenoor sy suster. Heelwat praat en paai het gevolg voordat hy kalm was en kon insien dat vir nou, is sy stille ondersteuning die beste vir sy suster. Dat sy nou kalmte, geduld en ondersteuning baie nodig het. Juis omdat sy so oormatig skuldig voel oor  alles, die verkragting, my seer en hartseer, die seer van haar gesin! En die een verantwoordelik hiervoor leef asof hy die gesiene sakeman is waarna almal opkyk!

My hart wil breek om die seer, verdwase amper gelate houding van my groot seunskind-man, met skouers wat hang te sien wegstap na sy kar. Met sy sterk arms so om my, die woorde ‘Mamma ek gaan nie vannaand huistoe kom nie, ek is te bang ek sien vir Pa en ek is nie seker hoe ek gaan reageer nie’  breek my hart in stukke. O Here my hart is reeds so stukkend, hoeveel meer ek kan dit meer dra nie! Laat net my kinders veilig wees! Die hele nag n marteling van wonder is my kind ok, kon ek maar net bid Heer beskerm hom en omring hom met U liefde en sorg deur hierdie nag. Dan die stille berusting dat God ons beskerm en omvou van alle kante. Hy beskerm ons en ek hoef nie bevrees te wees nie, Hy sal ons nooit in die steek laat nie.

Deuteronomium 31:8: “Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”